(Press the flag above for your translations).

WordCrex, die eerlike woordspel, is gebou om so maklik as moontlik te gebruik. Vir jou gerief het ons hierdie handleiding bygevoeg om seker te maak dat jy die volle voordeel trek uit al die beskikbare opsies in die app.

Die aanmeldskerm
Teken in met jou gebruikersnaam en wagwoord of Facebook rekening. Om ‘n WordCrex rekening te skep, tik eenvoudig op die Create account knoppie en kies ‘n gebruikersnaam en wagwoord en vul jou e-pos adres in.
As jy jou gebruikersnaam en/of wagwoord vergeet het, tik op Forgot password? op die skerm. Vul jou gebruikersnaam of e-pos in en ons sal jou instruksies stuur. Kyk in jou gemorsposvakkie as jy nie ons e-pos sien nie.
Om jou rekeninginstellings te verander, tik op Settings en volg die prosedure. As jy nog steeds nie kan inteken nie, kontak ons by ons e-pos adres support@wordcrex.com..

Die hoofskerm
Hier kan jy ‘n nuwe wedstryd skep, die status sien van die wedtstryde wat jy speel, asook jou voltooide wedstryde, en aan die onderkant vind jy die hoofnavigasie. Jy kan uitnodigings wat jy gestuur het en voltooide wedstryde verwyder deur van regs na links daaroor te vee. Voltooide wedstryde word outomaties verwyder na ‘n week.
Gaan direk na ‘n spelbord deur op ‘n oop wedstryd te tik, of ‘n uitnodiging te aanvaar.
Gebruik die hoofnavigasieknoppies om na wedstryde, vriende, statistieke, instellings en info te gaan.

Skep ‘n nuwe wedstryd
Om ‘n nuwe wedstryd te skep, tik op die geel Create a new game blok. Die Create a game skerm word vertoon. Kies nou jou aantal teenstanders, die taal om in te speel en die beurttyd. Nooi vriende uit vir hierdie wedstryd deur op die Invite friends knop te tik. Hier kan jy kies uit jou WordCrex en Facebook vriende, asook jou telefoon se kontaklys. Indien ‘n speler se e-posadres nog nie bekend is by WordCrex nie, kan jy hom/haar uitnooi om WordCrex te installeer.
Jy kan ook ‘n teenstander vind deur in die soekbalk te soek op gebruikersnaam of e-posadres.
‘n Ander moontlikheid is om teen willekeurige teenstanders te speel: tik op die Random opponents knop. Willekeurige spelers word gekies volgens sterkte.
Wanneer jy ‘n multispeler wedstryd skep, kan jy jou spel ‘n unieke naam gee.

Die spelbord
Plaas jou letters op die spelbord om woorde te vorm en punte te kry. Tik op die ►(play) knoppie en bevestig daarna om die woord te speel. (Bevestiging kan aan of afgeskakel word op die instellingsskerm).
Gebruik die shuffle knoppie om jou letters te skommel om meer woorde te kan herken.
Slaan jou beurt oor deur op die / (pass) knoppie te tik. Wanneer ‘n letter geplaas is verander die shuffle knoppie in ‘n x (clear) knoppie waarmee jy jou geplaaste letters kan terugneem van die bord.
Wanneer jy op die … (more) knoppie tik, kan jy jou spelbord se kleur aanpas, of kan jy die wedstryd opgee (Resign).
Jy kan ‘n gesprek met jou teenstander begin met die Chat knoppie.
Jy kan ‘n opsomming van wedstryd sien deur op die telbord bo-aan die skerm te tik. Hier kan jy ook die woorde sien wat deur jou teenstander gespeel is.

Die hoofnavigasie
Aan die onderkant van die hoofskerm vind jy die hoofnavigasie. Hiermee kan jy gaan na die wedstryde, vriende, statistieke, instellings en info.

Vriende
Gee jou direkte toegang tot jou WordCrex vriende. Jy kan vriende soek, toevoeg, verwyder en blokkeer (deblokkeer deur middel van die skerm Blocked users by instellings).
Jy kan ook vriende uitnooi vir ‘n nuwe spel.
Tik op die naam van jou WordCrex vriend met sy of haar sterkte daaronder (aantal geel Crexe, die Crex is ‘n voël) om jou vriend se statistieke te sien.

Statistiek
Daar is verskillende statistieke, soos die langste woord en die hoogste telling, gebruik dit om jouself te verbeter en te vergelyk. Die aantal oorwinnings, verliese en gelykop word gebruik om jou sterkte te bepaal, wat deur die aantal Crexe aangedui word.

Instellings
Hier kan jy jou rekeningbesonderhede wysig. Gebruikersnaam, e-pos, wagwoord en prentjie kan verander word. Kies ‘n bestaande foto op jou selfoon/tablet.
Jy kan ook jou voorkeur taal instel wat gebruik sal word vir elke nuwe spel wat jy begin. Jy kan egter per spel die taal verander in die Create a game skerm.
Die Confirm play skakelaar bepaal of daar vir bevestiging gevra word elke keer as jy ‘n woord speel.
As jy ontslae wil raak van die advertensies, tik die Remove adds knoppie (betaalde diens).
Blocked users gee ‘n lys van deur jou geblokkeerde gebruikers. Tik op die unblock knoppie langs ‘n naam om die gebruker te deblokkeer.
Tik op Sign out om uit Wordcrex uit te teken.

Info
Hier vind jy die spelreëls, handleiding, ‘n paar dokumente en ander nuttige inligting oor WordCrex, die eerlike woord spel.

Dis dit. Geniet die spel en as jy enige verdere vrae het, of meer inligting soek, gaan na ons webwerf www.wordcrex.com.

Teks vertaal met dank aan Gert Koning.