(Press the flag above for your translations).

WordCrex is ‘n multispeler woordspel met die unieke eerlike spel beginsel. Alle spelers speel met dieselfde stel sewe letters, sodat geluk nie meer ‘n faktor is om die beste woorde te speel nie. Met elke beurt word jy uitgedaag om ‘n woord met die meeste punte te vorm met jou sewe letters. Die spelbord bestaan uit 225 blokkies. Sommige van hulle is gekleur en verteenwoordig verskillende vermenigvuldigers vir woorde of letters. Jy verdien punte deur die plasing van letters op die bord om een of meer aangrensende woorde te vorm. Die waardes van die letters wat gebruik is word opgetel. Jy kan selfs meer punte kry deur die plasing van letters op die vermenigvuldigers.

Vermenigvuldigers.

2L Die waarde van die letter geplaas op hierdie blokkie word vermenigvuldig met 2.
4L Die waarde van die letter geplaas op hierdie blokkie word vermenigvuldig met 4.
6L Die waarde van die letter geplaas op hierdie blokkie word vermenigvuldig met 6.
3W Die waarde van die woord met ‘n letter geplaas op hierdie blokkie word vermenigvuldig met 3.
4W Die waarde van die woord met ‘n letter geplaas op hierdie blokkie word vermenigvuldig met 4.

As ‘n woord op meer as een vermenigvuldiger geplaas word, vermeerder die waarde dienooreenkomstig.

‘n Speler word met 100 bonuspunte beloon wanneer al sewe letters gebruik is in een beurt.

Met die eerste beurt moet een van die letters van die woord op die middel van die bord geplaas word, wat ook tel as ‘n 3W vermenigvuldiger.

Met elke volgende beurt word ‘n nuwe woord op die bord geplaas op so ‘n manier dat dit aansluit by ‘n reeds bestaande woord op die bord. Woorde kan horisontaal of vertikaal geplaas word.

Elke speler kry die punte van sy eie woord, egter net die woord met die meeste punte bly op die bord. Wanneer spelers ewe veel punte in ‘n beurt het, en die woorde is verskillend geplaas, bly die woord wat die vinnigste gespeel is op die bord. Die oorblywende letters van die speler met die wenwoord word aangevul tot sewe. Alle spelers gaan voort met hierdie sewe letters in die volgende beurt.

Die spel eindig wanneer al die letters van die spel gespeel is, of wanneer spelers nie meer kan speel nie by minder as sewe letters en hul beurt moet oorslaan. In ‘n twee-speler-spel verloor ‘n speler indien hy/sy bedank of die beurttyd oorskry. In ‘n multi-speler-spel gaan die ander spelers voort met die spel.

Die speler met die hoogste totale telling wen die spel!

Teks vertaal met dank aan Gert Koning.